Ontstaan van besigheid

Central Garage was gestig in 1982 deur Danie Bezuidenhout Snr in Vosburg.  Hy werk hoofsaaklik met die herstel en opbou van Listerenjins.

In 1988 installeer Danie Bezuidenhout Snr sy eerste sonsisteem in die Vosburgarea.

In 2002 kwalifiseer Danie Bezuidenhout Jnr as dieselwerktuigkundige en auto-elektrisien.  Hy begin ‘n tak in Kimberley en begin van daar voltyds werk.

Na Danie Bezuidenhout Snr se afsterwe in 2007, is DanBez Traders gestig en het Danie Jnr sy kliente oorgeneem en met die modernisering van 1988 se sonsisteme het dit gesneeubal tot oor die 3000 sonsisteme regoor Suid-Afrika en dele van Botswana.

Vandag spog ons met profesionele en hoogskwalifiseerde personeel.  Ons gebruik baanbrekertegnologie en ons werk is van uitstaande gehalte.  Ons strewe altyd na klientetevredenheid en wil graag ‘n pad stap met elke klient.

50kW Certificate Danie Bezuidenhou Danbez Traders
Scroll to Top